Anti-apartheidsaktivis, Peter Hain wil ANC en Guptas beveg

Die anti-apartheidsaktivis, Peter Hain, vra nou skielik dat individue ondersoek moet word vir grootskaalse geldwassery.

Die persone wat hy ondersoek wil hê, sluit in hoofman Zuma, sy eks Dlamini-Zuma, Eric Wood van Trillion, KPMG , McKinsey, SAPd en dies meer.

Hain sê dat Suid-Afrika vasgevang is in ‘n politiese, ekonomiese en sosiale krisis wat saamval met ‘n kriminele netwerk wat deur die Guptas en die presidensiële familie gefasiliteer is.

Hy gee elf Guptas se name op asook Essa Salim, Anoj Singh, Brian Molefe, Iqbal Sharna, Eric Wood, JG Zuma, Duduzane Zuma plus nog nege Zuma familielede se name wat betrokke is by die staatskaping.


Enjoyed this post? Share it!