As dit nie die Gupta’s of die Zuma familie is nie dan is dit die Sjinese!

Twee groot kontrakte tussen die regering en ‘n Sjinese semi-staatsinstelling gaan klaarblyklik voort ten spyte daarvan dat beide tenders nie voldoen het aan die verkrygingsvoorskrifte ten opsigte van tenders nie.

Prasa en die departement van water en sanitasie gaan twee kontrakte toeken ter waarde van R70 miljard aan China Communications Construction Company (CCCC). Dit gaan hier oor die Moloto Spoor Ontwikkelingsprojek van R57 miljard en die Mzimvubu waterprojek van R16 miljard.

Beide die projekte het nie die voorgeskrewe tenderprosedures gevolg nie en het ook nie toestemming ontvang van tesourie om tender prosedures te systap nie.


Enjoyed this post? Share it!