As dit nie slegte diens is in Staats Hospitale nie, dan is hulle kort aan personeel.

Die Addington hospitaal in Durban gaan gebuk onder personeel tekorte en veral spesialis dokters.

Beddens se besetting moes verminder word in die pediatriese afdeling van 22 na 12, aangesien daar slegs een pediater aan diens was.

Addington se radio terapie afdeling het toetaal in duie gestort weens die gebrek aan onderhoud en instandhouding van masjiene.

Hierdie is volgens kenners simptomaties van die algemene gesondheidsorg in Natal ANC beheer en bestuur. In die lig daarvan word dit sterk betwyfel dat ‘n Nasionale Gesondheidsplan ooit sal kan werk.


Enjoyed this post? Share it!