Babbelas Bathabile Dlamini kry slae oor staatskaping uitlatings

Die uitlatings van Bathabile Dlamini dat die inwoners van die land staatskaping moet vergewe soos wat hul apartheid vergewe het, het skerp kritiek vanuit eie geledere ontlok.

Die ANC Vroueliga was eerste op die wa om haar te kritiseer sou dit maar reg wees om te steel en korrup te wees.

Haar versoek dat Carl Niehaus vergewe moet word vir sy misdrywe, is ook as onaanvaarbaar beskou.

Dlamini se opmerkings word gesien as ‘n klimaatskepping om Jacob Zuma en sy meelopers skotvry te laat kom nadat miljarde rande verduister is.

Die volgende sal outomaties wees dat die Guptas dan ook vergewe word vir hulle rol in al die gebeure.

Die minister wil daardeur ook haarself probeer beskerm aangesien daar vermoed word dat sy self ook lankal agter die deur staan.

Foto: Bathabile Dlamini
Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Piet Boer

    Ag tog, sy kots seker maar net na ‘n gesuipery by Saxonshebeen. Die ding is permanent onder die invloed.