Baksakkie vleis met vingerette

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 45 min.

750 g beesstowevleis
sout en peper
2 uie, in stukke gesny
skil van 1 suurlemoen
10 g vars tiemie
MEELMENGSEL
250 ml (1 k) meel
30 ml (2 e) braaispeserye
10 ml (2 t) knoffelpoeier
15 ml (1 e) gedroogde
gemengde kruie
VINAIGRETTE
45 ml (3 e) heuning
30 ml (2 e) suurlemoensap
30 ml (2 e) gekapte
pistachioneute
10 g vars pietersielie, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit ’n groot baksak op ’n bakplaat.

  1. Geur die vleis met die sout en peper.
  2. MeelmengselMeng die meel, speserye, knoffel en kruie. Rol die vleis in die meelmengsel en skud die
  3. oortollige meel af.
  4. Versprei die uie en vleis in die bereide baksakkie, sprinkel die suurlemoenskil en tiemie oor en knoop toe.
  5. Bak 45 min. of langer as jy sagter vleis verkies.
  6. VinaigretteMeng die heuning, suurlemoensap, neute en pietersielie.
  7. Geur met sout en sit voor saam met die vleis.
Deur Huisgenoot Digitaal op November 11, 2014

 

Enjoyed this post? Share it!