Bankrot ANC munisipaliteite weer opgeskroef

Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, het aangedui dat dertig munisipaliteite versuim het om hul agterstallige waterrekeninge te betaal.

Diesulkes is tyd gegee tot 8 Desember om hul deel van meer as R10,7 miljard aan agterstallige gelde te vereffen.

Meer as R7 miljard rand se skuld dateer langer 120 dae terug.

Stadsrade is ook gereeld in die moeilikheid omdat hulle ook nie elektrisiteitsgelde aan Eskom oorbetaal nie. Eskom sou al verskeie munisipaliteite se kragtoevoer afgeskakel het as instansies soos Afriforum dit nie gestop het nie. Daardeur kom stadsrade weg met wanbetalings, en die vrees bestaan dat dit weer kan gebeur sodra watertoevoer werklik afgeskakel gaan word.

Die ANC het jare gelede reeds hul mense geleer om wanbetalers te wees en pluk nou die vrugte van hul eie maaksel.

Foto: Nomvula Mokonyane

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!