BBP kry eie vliegtuig

Zuma jetBBP kry eie vliegtuig

Skaars weke na Krygkor ontken het dat ‘n nuwe vliegtuig aangeskaf gaan word vir hoog geplaaste amptenare is daar nou ‘n tender uitgesit vir die huur van ’n inter-kontinentale straler wat 15 persone kan vervoer oor ‘n afstand van 10,000 km sonder om te land.

So ‘n vliegtuig kan afstande na Moskou, Sao Paulo of Hong Kong dek sonder om iewers brandstof aan te vul.

Dit lyk of ‘n groot deel van die weermag se begroting gebruik gaan word om staatslui te vervoer. Die vleigtuig wat vir Zuma in 2004 aangekoop was, kon met behoorlike instandhouding 30 jaar die werk verrig het.

Soos in die nuwe SA word niks instand gehou nie en heel gou gaan dit skrootwerf toe.

Die tender moes binne vyf dae afgehandel word weens die dringendheid van vervoer van die hoës.

Bron: Vryburger

Enjoyed this post? Share it!