Bedekte burgeroorlog in Suid-Afrika

“Suid-Afrika het reeds wat ons ‘n bedekte burgeroorlog noem. Suid-Afrika het die hoogste moordkoers in die wêreld vir ‘n land wat nie in ‘n oorlog gewikkel is nie. Sowat 18 000 mense word jaarliks in hierdie land vermoor…dit is ‘n geweldige probleem, elke jaar het ons hierdie massa moorde.”

Só het die ekonoom en skrywer, Moeletsi Mbeki, tydens die bekendstelling van sy jongste boek hom uitgelaat oor die misdaad in die land.

Volgens hom word die bedekte burgeroorlog deur ‘n ekonomie veroorsaak wat besig is om te misluk.

Hy het hom uitgelaat oor staatsamptenare se buitengewoon hoë salarisse, en meen Suid-Afrika een land in die wêreld is waar staatsamptenare meer geld as in die privaatsektor verdien. Daar moet met hierdie wanbalans weggedoen word, beveel hy aan.

Bron: Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!