Misdaad in die Valke: Hulle vlerkies word nou geknip

Die bedrog en diefstal, selfs in sekerheids- en polisiegeledere, wil maar net nie ophou nie.

Selfs die Valke moes nou twee van hulle eie makkers arresteer oor bewerings van diefstal van R1 miljoen in September.

‘n Speurder van die Hillbrow polisiestasie is ook gearresteer in die saak. ‘n Vierde verdagte word nog gesoek. A/O Eric Melaphi (41), A/O Tefo Maimane (49) en konstabel Khumbulo Gadvhana (36) is in hegtenis geneem oor gebeure waar ‘n voertuig in September afgetrek is en kontant gesteel is wat in die voertuig was.

Volgens die Gautengse hoof van die Valke, generaal-majoor Prince Mokotedi, is 102 polisiebeamptes gearresteer sedert Maart 2016.

Daar word vermoed dat dit egter slegs die punt van die ysberg is.


Enjoyed this post? Share it!