Bedrog met geboortesertifikate

Die Valke het ‘n senior administratiewe beampte van die Departement van Binnelandse Sake in Nigel gearresteer.

Die 36-jarige man was glo die meesterbrein agter die vervalsing van geboortesertifikate.

Twaalf vervalsde geboortesertifikate is uitgereik deur die verdagte en ‘n verdere 388 vals geboortes is geregistreer by die Departement van Binnelandse Sake in Alberton.

Die vervalsde geboortesertifikate word op ‘n Suid-Afrikaanse vrou se naam uitgereik wat as die biologiese moeder van ‘n buitelandse kind aangedui word.

Daarna word die sertifikate aan buitelandse vroue verkoop en so kwalifiseer die kind vir ‘n sosiale toelaag sowel as ander voordele.

Verder arrestasies is nie uitgesluit nie. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!