Beesvleis – sate

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15 min.

SOUS

’n hand vol vars koljander, fyn gekap
30 ml (2 e) sojasous
2 rooi brandrissies, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) bruinsuiker
5 ml (1 t) olie
sout en peper
30 ml (2 e) olie

VLEIS EN RYS

400 g steak, in dun skywe gesny
250 ml (1 k) rys, afgespoel
30 ml (2 e) olie
½ ui, in skywe gesny
100 g babaspinasie
30 ml (2 e) sojasous

  1. Sous:Meng die bestanddele goed in ’n bak wat groot genoeg is vir die vleis.
  2. Vleis en rys:Slaan die vleis met ’n klophamer om dit effens plat te maak. Verplaas na die bak met die koljandermengsel en meng om die vleis goed te bedek. Ryg die vleis aan 12 steekpenne.
  3. Bring die rys en gesoute water tot kookpunt en laat 15 minute prut of tot gaar.
  4. Verhit die olie in ’n braaipan oor hoë hitte. Voeg die vleis by en braai 3 minute aan die een kant. Verminder die hitte, voeg die ui by, draai die sosaties om en braai nog 5 minute. Verwyder die sosaties, voeg die spinasie by en kook tot net verlep.
  5. Verdeel die rys en spinasie tussen borde, bedruip met die sojasous en bedek met die sosaties.

Huisgenoot April 4, 2014


 

Enjoyed this post? Share it!