Beesvleiskerrie

Niks klop die koue soos hierdie heilsame kerrie nie.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min. 
Gaarmaak: 1½ uur

45 ml (3 e) olie
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 uie, fyn gekap
½ stingel suurlemoengras, gekap
3 lourierblare
30 ml (2 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
700 g beesvleis, in blokkies gesny
1 liter (4 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) suiker
15 ml (1 e) tamatiepasta
45 ml (3 e) bruinuie-soppoeier
3 aartappels, in blokkies gesny
2 wortels, in skywe gesny

  1. Verhit die olie in ’n pot oor matig-lae hitte. Voeg die ui, knoffel, suurlemoengras en lourierblare by om die olie te geur. Braai ’n paar minute. Stel dan die hitte laer en voeg die kerriepoeier en borrie by. Roer tot goed gemeng.
  2. Voeg die beesvleis, hoenderaftreksel, suiker en tamatiepasta by. Stel die hitte hoër en bring die mengsel tot kookpunt. Sodra dit kook, roer die mengsel,  stel die hitte weer op matig, en bedek. Laat die kerrie 1 uur prut.
  3. Roer die soppoeier in volgens die aanwysings op die verpakking. Voeg die aartappels en wortels by en kook nog 20 min. of tot die aartappels sag is.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers

Huisgenoot Junie 15, 2016


 

Enjoyed this post? Share it!