Bejaarde Dame (70) vermoor in haar huis in Sandton

Tweede verdagte gesoek na moord op vrouDie polisie is nog op soek na ‘n tweede aanvaller wat ‘n bejaarde vrou in haar huis in Sandton oorval en vermoor het.

Gillian Hotz (70 jaar) is verlede Vrydag met ‘n telefoonkoord vasgebind en verwurg.

Haar twee aanvallers het haar lyk onder ‘n matras gesit, waar haar man Robbert (74 jaar) haar gekry het toe hy die middag tuis gekom het.

Die eerste verdagte is vandeesweek in hegtenis geneem en het in sy verklaring te kenne gegee dat hy en sy vriend op soek na werk was. Toe hulle verby die Hotz-huis geloop het, was die hek volgens hom oop. Sy het die deur gesluit en na die slaapkamer gegaan om weg te kruip toe sy hulle gesien het. Hulle het na bewering deur ‘n venster in die huis geklim.

Volgens die polisie sal hulle van moord aangekla word.

 Bron: Vtyburger


Enjoyed this post? Share it!