Bejaarde egpaar van Bellville vasgebind en beroof ’n dag na ’n soortgelyke voorval in Boston

Nog Bellville-bejaardes is in die vroeë oggendure vasgebind en beroof.

Volgens Lt Kol Fienie Nimb het die voorval Dinsdagoggend net ná 04:00 gebeur.

Drie gewapende rowers het die bejaardes en hul 32-jarige dogter oorrompel en vasgebind.

Volgens Nimb was die rowers met messe gewapen.

Die rowers is met verskeie items in die egpaar se motor vort, insluitend TV’s en ‘n laptop.

Die motor is naby die huis gevind.

Volgens Theo Galloway, voorsitter van die Chrismar-buurtwag het die motor het ’n teenkapingstelsel gehad wat die voertuig ná ’n paar minute afskakel.

Na wat verstaan word het die man ‘n sny aan sy hand gehad, maar is andersins ongedeerd gevind.

Die aanval kom slegs ’n dag nadat ’n soortgelyke voorval in Boston plaasgevind het.

’n Vrou (74) is Maandagoggend 04:30 deur twee onbekende mans oorval en met ’n japongordel vasgebind.

Diewe het in haar voertuig gevlug wat verlate naby haar huis gevind is.

Deur: Nielen de Klerk/Tygerburger


Enjoyed this post? Share it!