Bejaarde egpaar wreed vermoor

GROOT-BRAKRIVIER NUUS – Die polisie se forensiese eenheid is tans op die toneel in Groot-Brakrivier waar ‘n egpaar gisteraand wreed vermoor is.
Die egpaar is is intussen geidentifiseer as Tewie en Eureka Human. Die slagoffers is beide in hulle sestigs.
Die egpaar is in hul woning in Sandhoogtepad aangeval en vermoor.
Groot-Brakrivier polisie was gisteraand laat op die toneel besig om leidrade bymekaar te maak. Dit is nog nie duidelik hoe toegang tot die slagoffers se huis gekry is nie omdat al die deure van buite gesluit was.
Volgens polisie is die egpaar wreed vermoor.
Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vrou vermoedelik met ‘n skerp voorwerp gesteek is terwyl die man met ‘n swaar voorwerp doodgekap is.
Die ondersoek duur voort. Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.
Bron: George Herald

Enjoyed this post? Share it!