Bejaarde egpaar wreed vermoor

VOLKSMOORD6-300x226

Die  wreedste moord denkbaar is uitgevoer op ’n bejaarde egpaar van Florida in Roodepoort toe hulle tot die dood met sigarette gebrand is.

Die egpaar, albei reeds in hulle sewentigerjare, se hand was vasgebind en selfs ’n plastieksak oor die ou dame se kop om haar asemhaling te bemoeilik.

Die polisie het geweier om die twee bejaarde mense se identiteit bekend te maak omdat naasbestaandes eers in kennis gestel moet word.

’n Huiswerker het glo op die twee mense se lewelose liggame afgekom waar hulle bymekaar gelê het.

Dit blyk dat die twee mense reeds Dinsdag vermoor is.

Die man het nog sy motorhuis gebruik as ’n herstelplek waar hy motorfietse regmaak, en dit is waar die twee se lyke gevind is.

Die egpaar het veelvuldige beserings opgedoen, en die drade wat om hulle hande was, het plek-plek gebreek soos wat hulle in ’n hewige geveg met die moordenaar was.

Die ondersoek toon dat van die juweliersware gesteel is.

Bron: Vryburger

Enjoyed this post? Share it!