Bejaarde in Bloemfontein vermoor

Die lyk van ‘n bejaarde man is vanoggend in sy huis in Pellissier, Bloemfontein gekry nadat hy vermoedelik reeds Vrydag vermoor is.

‘n Buurman het op die 73-jarige Hendrik Knoetze in sy huis in Martatjiestraat afgekom nadat hulle die afgelope paar dae geen aktiwiteit by die huis gesien het nie.

Sy hande en voete was met toue vasgebind en hy is verskeie wonde aan sy agterkop toegedien.

Knoetze is waarskynlik tydens ‘n huisrooftog vermoor want die inhoud van die huis is heeltemal omgekeer. Dit is egter glad nie op hierdie stadium bekend of enigiets gesteel is nie.

Die oorledene het alleen gewoon.

Die presiese datum en die oorsaak van sy dood moet nog vasgestel word.

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!