Bejaarde man op plaas met hammer aangeval

VANDERBIJLPARK. – ‘n Plaasaanval gisteraand 19 April laat mens weereens besef dat niemand meer veilig is in jou eie woning of daarbuite, hetsy jonk of oud.

‘n 87 Jarige man is ongeveer 20:00 gisteraand op die plaas Modderfontein op die Parys Fochville pad (R500), aangeval en baie ernstig beseer. ‘n Onbekende aantal booswigte het die plaas betree en die man in sy huis aangerand. Hy het ernstige snye en beserings opgedoen asook skedelbreuk nadat die inbrekers hom met ‘n hammer geslaan het.

Hy is gisteraand deur ER24 Paramediese personeel op die toneel behandel en na die Vereeniging Medi Clinic gehaas waarna hy vanoggend Donderdag 20 April na die Sebokeng hospitaal oorgeplaas is. Die polisie en forensiese deskundiges ondersoek tans die voorval.

Sodra meer inligting bekend gemaak word sal SAUK nuus lesers op hoogte bring.


Enjoyed this post? Share it!