Bejaarde oorlede na aanval

VOLKSMOORD6-300x226‘n Bejaarde vrou van Mountain View in Pretoria is vandeesweek in die hospitaal oorlede weens die ernstige beserings wat sy tydens ‘n wreedaardige aanval in haar huis opgedoen het.

Die 85-jarige mev. Ella van der Berg is laat verlede maand oorrompel terwyl sy oor die telefoon gepraat het.

Sy het veral kopbeserings opgedoen en het tydens die aanval baie bloed verloor.

Die aanvallers het ’n trouring van haar vinger afgesteel asook ‘n leë beursie en ’n bankkaart gebuit.

Sy word oorleef deur sewe kinders, 12 kleinkinders, 15 agterkleinkinders en twee agter-agterkleinkinders.

Bron: Vryburger

Enjoyed this post? Share it!