Bejaarde vrou aangerand

‘n Hoogsbejaarde vrou is in haar huis in Kruisstraat, Rustenburg om 03:00 Maandagoggend aangeval.

crime scene

Rita Coetzee (86) is in die Peglerae Life –hospitaal met ernstige gesig- en hoofbeserings.
Volgens haar seun Flip Coetzee het sy die oggend wakker geword van ligte wat in haar huis brand. Sy het opgestaan om te gaan kyk wat aangaan en is deur twee terroriste oorval.
Hulle het haar met klippe wat by ‘n waterfokuspunt in die middel van die huis is, aangeval en in die gesig en oor die kop geslaan. Haar neus en wangbeen is gebreek, haar kaak seergemaak en in haar linkerwang het so ‘n groot wond dat haar tande sigbaar is, sê Flip.
Die twee het toegang tot die huis gekry deur die veiligheidshek en skuifdeur by die eetkamer oop te breek. Hulle het ook ‘n veiligheidshek in die gang oopgebreek.
Flip het gesê sy ma kon gelukkig wegkom en het haarself in die badkamer toegesluit. Die verdagtes is met onder meer haar selfoon, handsak met beursie en haar roomkleurige VW Jetta weg.
Rita het na ‘n ruk uitgekom maar moes in haar nagklere na die bure gaan om hulp te ontbied omdat die terroriste met haar selfoon weg is en die landlyn se drade geknip het.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!