Bekende spreker se man koelbloedig vermoor tydens huisbraak

Die bekende skrywer en motiveringspreker Nikki Bush se eggenoot, Simon is tydens ’n huisbraak doodgeskiet vir twee loopfone, twee horlosies en twee skootrekenaars.

Simon Bush het Saterdag in die vroeë oggend uur sy lewe verloor nadat booswigte hom vermoor het tydens  ’n huisrooftog in Douglasdale in die noorde van Johannesburg.

Die nuus is op sosiale media bevestig deur media-analis en kommentator Arthur Goldstruck.

“Ek is platgeslaan deur die nuus dat Simon in die vroeë oggendure deur rowers vermoor is. So sinneloos en so tragies. Nikki, my diepste, mees hartlike simpatie met jou en jou gesin. Ek weet dat niks wat ek sê in hierdie tyd troos kan bring nie, maar mag die herinneringe van ʼn goeie man ʼn bron van krag wees in die komende dae,” het hy geskryf.

Woordvoerder van Netcare, Nick Dollman het bevestig dat nooddiensspanne ongeveer 03:30 na die toneel ontbied is.  Dollman het in ’n verklaring laat blyk dat alle pogings om Bush se lewe te red was onsuksesvol.

Volgens ‘n polisie woordvoerder is twee loopfone, twee horlosies en twee skootrekenaars is geneem, wat daarop dui hoe min ‘n lewe in Suid Afrika werd is.


 

Enjoyed this post? Share it!