Beloning vir inligting oor moord

VOLKSMOORD6-300x226
‘n Beloning word deur die Oos-Kaapse polisie aangebied aan enige persoon met inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van die moordenaars van ‘n bejaarde vrou op Patensie.
Ivy Hobbs (68 jaar) is in Januarie vanjaar wreed op die plaas Oorlogspoort toe sy met ‘n skerp voorwerp doodgesteek is. Sy was die betrokke dag alleen op die plaas en haar familie het eers later die aand op haar liggaam afgekom.
Niks is tydens die moord gesteel nie, aldus ‘n woordvoerder van die polisie.
‘n Beloning van R10 000 word aangebied aan enige persoon wat inligting oor die voorval kan gee.
Inligting kan aan adjudant-offisier Johannes Noeth op 082 510 4419 of 042 283 8419 of by SAPD Crime Stop by 08600 10111 verskaf word. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!