Beseerdes besteel

motor ongeluk

Ernstig beseerde slagoffers van ‘n motorongeluk is van hulle klere en ander waardevolle artikels beroof terwyl hulle langs die motorwrak gelê het.

‘n Vrou is dood in die ongeluk wat op die hoofweg by Crown Mines plaasgevind het.

Volgens ‘n segsman van ER24, Werner Vermaak, wat die beseerdes bygestaan het, het hulle gemerk dat van die beseerdes se klere gesteel is.

Hy sê hulle is meegedeel dat minute na die ongeluk was daar mense op die toneel wat die beseerdes se skoene en klere van hulle liggame gesteel het asook waardevolle items wat in die wrak was.- Vryburger

 

Enjoyed this post? Share it!