BESKUITJIESTRUIF

BESKUITJIESTRUIF

BESKUITJIESTRUIF
BESTANDDELE
1 blik gekondenseerde melk
1 pakkie aarbeijellie
250 ml kookwater
250 ml kouewater
50 g ( 125 ml ) gekapte okkerneute
1 pakkie Marie of Tennisbeskuitjies
500 ml dik vlasous
1 blik ( 410 g ) vrugteslaai of 250 ml gesnipperde vars vrugte
METODE
Kook kondensmelk ( 3 ure ). Laat afkoel. Los jellie in kookwater op en voeg kouewater by. Gooi bietjie van die jellie in bak en laat stol. Smeer beskuitjies dik met kondensmelk en plaas `n laag beskuitjies op die gestolde jellie. Gooi `n laag vlasous oor. Rangskik van die neute daarop en dan `n laag vrugte, dan weer `n laag jellie, ens. Tot alles klaar is. Plaas in koelkas sodat jellie kan stol.
BRON – Afrikaans Resepte

Enjoyed this post? Share it!