Beste sjokoladekoek met klapperkors

Beste sjokoladekoek met klapperkors

Beste sjokoladekoek met klapperkors
Spog met hierdie ryk sjokoladekoek bestrooi met klapper.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
Koek
30 ml (2 e) droë klapper, ekstra vir bestrooi
4 eiers
500 ml (2 k) strooisuiker
250 ml (1 k) olie
10 ml (2 t) vanieljegeursel
80 ml (⅓ k) kakaopoeier
500 ml (2 k) meel
20 ml (4 t) bakpoeier
250 ml (1 k) kookwater
Ganache
400 g melksjokolade
200 ml (¾ k) room
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 20 cm-koekpan.
1. Koek Versprei die klapper oor die basis van die koekpan. Meng die eiers en strooisuiker in ’n bak tot die suiker opgelos het. Voeg die olie en vanieljegeursel by en meng goed. Sif die kakao, meel en bakpoeier en voeg dit by die eiermengsel. Meng goed en voeg die water by. Meng deeglik en giet die beslag in die koekpan.
2. Bak 30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
3. Ganache Plaas die sjokolade en room in ’n kastrol oor lae hitte. Roer aanhoudend tot die sjokolade gesmelt is en ’n gladde samestelling het. Giet die ganache oor die koek en smeer dit om die kante tot goed bedek. Bestrooi met ekstra klapper.
Deur Huisgenoot Digitaal op Julie 8, 2015

Enjoyed this post? Share it!