Betogers plunder Coligny

Protesterende inwoners van Coligny het tydens hulle optog ’n drankwinkel geplunder en totaal leeg gesteel. Verskeie ander winkels is ook leeg geplunder, terwyl kantore en ook die hotel se vensters gebreek is.

Die betoging het skynbaar gegaan oor ‘n 12-jarige kind wat in ‘n motorongeluk dood is.

Mnr. Michal Groenewald van VF Plus sê dit wil voorkom of die optogte slegs ʼn verskoning is om winkels te plunder en daar is geen bewyse dat die protes-aksie om enige ander rede plaasvind nie. Hy sê dat gewelddadige optogte nie ʼn manier om geskille op te los nie.

“Die motief vir die optogte word verder bevraagteken deurdat die geplundery nou ook die spaza-winkels van buitelanders teiken,” sê Groenewald.


Enjoyed this post? Share it!