Betogers werk hard in SA

Suid Afrika ding sowaar sterk mee om ‘n eerste plek as die land met die meeste aantal betogings.

‘n Navorsingsverslag van die Universiteit van Johannesburg wat vrygestel is, toon aan dat SA tans elf protesoptogte per dag ervaar. Ja elf per dag.

Soweto is vandeesweek weer geteiken deur jeugdiges en ander inwoners met hul betoging oor die kragonderbrekings. Winkels en ‘n OTM het onder die vandale deurgeloop. Hostelinwoners het nadat krag onderbrekings plaasgevind het die strate ingevaar en hulself gehelp met goedere in nabygeleë winkels.

Die ondersoek oor protesoptredes toon dat daar in die afgelope 16 jaar sowat 71 000 betogings was. Hierdie syfers kom van SAPD-verslae en navorsers wys daarop dat die getal baie hoër kan wees aangesien nie alle gevalle deur die polisie geboekstaaf word nie.

Bron Vryburger


Enjoyed this post? Share it!