Biefstuk met rysslaai

Die resep werk goed vir ’n braai ook. Probeer dit oor warm kole.

Genoeg vir 4 mense 
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 35 min.

4 T-beenskywe
blatjang, vir voorsit
SLAAI
10 ml (2 t) olyfolie
250 ml (1 k) bruinrys
30 ml (2 e) tamatiepasta
375 ml (1½ k) water
½ elk groen en rooi soetrissie
400 g-blik soetmieliepitte, gedreineer
400 g-blik nierbone, gedreineer
’n hand vol groenbone, gekap
’n hand vol koljander, grof gekap
VRYFMIDDEL
45 ml (3 e) paprika
30 ml (2 e) swartpeper
15 ml (1 e) knoffelpoeier
5 ml (1 t) rooipeper
15 ml (1 e) bruinsuiker

  1. SlaaiVerhit die olie in ’n middelslagkastrol oor hoë hitte. Voeg die rys by en braai 1 min. terwyl jy roer of tot al die rys met olie bedek is.
  2. Voeg die tamatiepasta by en kook 2 min. terwyl jy roer of tot die rys goed bedek is. Voeg die water by en bring tot prutpunt. Bedek en laat prut 20 min. of tot die rys sag is.
  3. Voeg die soetrissies, soetmielies, nier- en groenbone by, bedek en kook 15 min. of tot die groenbone sag is. Roer die koljander in.
  4. VryfmiddelMeng al die bestanddele in ’n bak en vryf dit oor die biefstukke. Verhit ’n roosterpan oor matige hitte en braai die biefstukke 5 min. of tot gaar. Sit die vleis op ’n bord en laat rus 5 min.
  5. Verdeel die rysslaai en biefstuk tussen die borde. Sit voor saam met blatjang en groenslaai.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers


 

Enjoyed this post? Share it!