Black First Land First dreig nou vir Eric Barnard en die sogenaamde “gronddiewe”

Die radikale splintergroep, Black First Land First (BLF), het ‘n kwalik bedekte dreigement teenoor Eric Barnard Meubileerders uitgespreek, na dié se onttrekking van sy advertensie van Jacaranda FM.

Eric Barnard het sy advertensie onttrek na die rassistiese aanmerkings van die aanbieder, Tumi Morake. BLF sê hy het kennis geneem dat Eric Barnard “sy rassistiese aanmerkings teen Morake verskerp het”.

BLF het hom sterk uitgespreek teen eise van luisteraars dat Morake deur Jacaranda FM gedissiplineer moet word. Hulle het gedreig dat as Jacaranda sou toegee, hulle te doen sal kry met die volle wraak van die swart gemeenskap.

“BLF waarsku Eric Barnard en al die blanke gronddiewe dat die tyd en plek vir gronddiewe in die land van ons voorvaders lankal verby is – bly stil of vertrek (shut up, or get out)!”


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Clipper

    andile the rat, likes talking big. Someday someone is going to grab him by the throat and sort him out properly