Black First Land First sing ‘Kill the boer’ by #RupertMustFall-optog

Sowat 20 tot 30 lede van Black First Land First (BFLF) het teen 09:30 by die parkeerterrein oorkant die BFLF bymekaar gekom vir hul #RupertMustFall-optog.

Betogers van BFLF, die ANC-jeugliga en MK-veterane hou Donderdag ’n optog na Remgro se kantore om ’n memorandum aan Johann Rupert te oorhandig.

Hulle is ontevrede oor Rupert, voorsitter van Remgro, se onlangse aanmerking oor radikale ekonomiese transformasie.

Die jeugliga is woedend oor Rupert se aanmerking op Richemont se jaarvergadering in Switserland dat radikale ekonomiese transformasie net ’n “kodewoord vir diefstal” is. “Hulle beroof die staatskas en dit is algemeen bekend,” het Rupert gesê.

Terwyl die jeugliga se lede teen 09:45 nog nie opgedaag het nie, het die BFLF-lede gedreunsing en, onder meer, “kill the boer, kill the farmer” gesing.

Verskeie polisiemotors is op die toneel.

Deur: Jaco Marais, Netwerk24


Enjoyed this post? Share it!