Blanke Man In Hegtenis Geneem Op Klag Van Moord Nadat Hy Aanvaller Skiet

’n  Inwoner van Kroonstad het die paas langnaweek in die tronk deurgebring nadat hy Donderdagaand ’n betreder doodgeskiet het.

Sers. Ian Gaobepe, polisiewoordvoerder, sê die man se hulp is ingeroep nadat sy bejaarde ma ’n verdagte man op haar erf in die woonbuurt Kroonheuwel sien rondbeweeg het. Die man se suster het ook intussen die plaaslike buurtwag se hulp ontbied. Verskeie mense het hulle na die toneel gehaas.

Die betreder het die man met ’n mes aangeval toe hy gekonfronteer is. Die man is met die mes in sy arm gesteek en hy het op sy aanvaller geskiet.

Die aanvaller is noodlottig gewond en is volgens Gaobepe met ’n mes in sy hand op die toneel aangetref. Die nooddienste is ontbied, maar die aanvaller is op die toneel dood verklaar.

Gaobepe sê die polisie in Kroonstad het ook op die toneel opgedaag waarna hulle die man op ’n klag van moord in hegtenis geneem het. Die man sal Dinsdag op aanklag van moord in die hof in Kroonstad verskyn.

Die naam van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.

Dit is nie deesdae ’n vreemde verskynsel dat onskuldige slagoffers aan die kortste ent moet trek wanneer hulle, hul eie lewens en die van geliefdes probeer verdedig nie.  Nog  ’n soortgelyke voorval het hom afgespeel verlede jaar:

* Carl Gutter (70), ’n boer van Bultfontein in die Vrystaat, het in Februarie uitgevind die nasionale vervolgingsgesag (NVG) oorweeg dit om hom van moord aan te kla nadat hy in ’n plaasaanval op 29 Augustus verlede jaar Saniboy Segalo, een van sy aanvallers, geskiet het. Segalo is later dood.

Gutter het Jaco Dempsey, sy prokureur, gevra om navraag te doen oor waarom die drie ander mans wat hom glo op sy plaas aangeval het, weer op vrye voet is. Gutter het die mans in Bultfontein op straat gesien.

Die drie, Geremiah Tefo Thlabo, Teboho Francis en Tsietsi Rampa, is in September 2016 borgtog geweier. Van hulle het glo vorige veroordelings. Hulle is van poging tot moord op Gutter en poging tot roof aangekla.

Dempsey het ’n navraag aan die NVG gerig en is ingelig dat adv. K.E. Leshie-Shalie besluit het daar is nie ’n kans vir suksesvolle vervolging teen die drie nie. Dempsey is toe ook deur ’n lid van die polisie en ’n lid van die NVG ingelig dat daar beplan word om Gutter van moord aan te kla.


 

Enjoyed this post? Share it!

 
  • Alex Strydom

    Dis siek hoe onskuldiges aangekla word. Genoeg om enige iemand se bloed te laat kook