Blanke vrou se tone afgesny maar Malema dreig oor K-woord

Terwyl ‘n blanke vrou in Ermelo se agt tone afgesny is deur swart kapers met ‘n “skerp” voorwerp in ‘n rassistiese aanval, is Malema die een wat sy kaders oproep om mense wat die k-woord gebruik aan te vat.

Dit volg na H&M winkels bestorm is en winkels geplunder en verniel is, dit omdat die winkels ‘n T-hemp advertensie gehad het met die woorde “the coolest monkey in town” wat gedra is deur ‘n klein swarte terwyl sy wit maatjie se hemp sê: “survival expert”.

Die EFF het tydens ‘n deeglik beplande aksie die betrokke winkels bestorm en groot skade aangerig, terwyl van die personeel rondgepluk is en ander moes vlug.

In die voorval in Ermelo, is ‘n blanke egpaar aangeval toe hulle na die kafee gestap het. Hulle het begin skiet en die man in die been geskiet. Die vrou is deur die terroriste ontvoer en danksy die gemeenskap se samewerking, is Ermelo toegemaak en die vrou is buite die swart woonbuurt gevind waar agt van haar tone afgekap is.

Niks is by die egpaar gesteel nie, terwyl die vrou R400 kontant by haar gehad het, wat die vermoede versterk dat die aanval suiwer rassisties van aard is.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!