Bloubessie-merinque tert

Bloubessie meringuetertHierdie eenvoudige meringuetert sal al jou gunsteling-nageregte oortref.

Genoeg vir 6 mense 
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 25 min.

DEEG
100 g botter, versag
80 ml (⅓ k) bruinsuiker
375 ml (1½ k) meel
TERT
300 g bevrore bessies
30 ml (3 e) versiersuiker
3 eierwitte
250 ml (1 k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
50 g pistachioneute, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n 20 cm-veer-tertpan.

  1. DeegKlop die botter en bruinsuiker tot romerig. Voeg die meel geleidelik by en meng tot krummelrig.
  2. Druk die deeg in die bereide pan en bak 10 min. of tot goudbruin.
  3. TertPlaas die bessies in n pot met 45 ml (3 e) water oor matige hitte tot ontvries. Druk die ontvriesde bessies deur ’n sif. Voeg die versiersuiker by die bessiesap en meng goed.
  4. Plaas die eierwitte in ’n bak en klits tot sagte punte vorm. Plaas oor ’n pot pruttende water en hou aan klits terwyl jy die strooisuiker lepel vir lepel byvoeg tot dik en glansend. Vou die vanielje in. Roer 15 ml van die bessiemengsel in.
  5. Stapel die mengsel op die afgekoelde deegdop, strooi die pistachioneute oor en giet nog van die bessiemengsel oor.
Huisgenoot – Deur Annelene Oberholzer op September 4, 2015

Enjoyed this post? Share it!