Blykbaar soek die swartmense nie ons grond nie, maar hoekom is daar dan so baie boere wat dood gemaak word ???

By implikasie het Jacob Zuma, erken dat swartmense geen werklike behoefte het aan grond nie, maar net agter die vinnige geldmaak aan is.

Hy het die tradisionele leiers toegespreek, en hulle hulp gevra om swartes te oortuig om nie hulle grond te verkoop nie. Hy het erken dat meer as 90% van grondeise tans deur finansiële vergoeding vereffen word. Hy sê dit bemoeilik die onteieningsproses, en as hy sy sin sou kry sou hy “suksesvolle grondeisers” belet om die grond te verkoop.

Daarmee impliseer hy volgens kenners ook dat swartmense skynbaar nie lus het om grond te koop nie, en dat dit die tradisionele kommersiële landbouer is wat die grond aankoop, waarskynlik om in terme van die ekonomie van skaal, hulle boerdery ondernemings uit te brei ten einde meer winsgewend te wees.


Enjoyed this post? Share it!