Boer en Vrou op Plaas naby Mooirivier aangeval

2 vas ná hulle glo egpaar op plaas oorval, beroof

Saterdag omstreeks 23:00 het ’n boer en sy vrou (hul name is nog nie bekend nie) TV in hul huis gekyk toe hulle deur drie verdagtes oorval is.

“Die egpaar is aangerand en van ’n 9 mm-pistool beroof. Een van die verdagtes is glo tydens die rooftog raakgeskiet,” sê lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder.

 Volgens Zwane het al drie verdagtes te voet van die toneel gevlug. ’n Saak van huisroof is geopen.

Die polisie het in sy ondersoek die moontlike blyplek van die verdagtes langs die R103 aangetref en kort daarna twee van hulle vasgetrek. Een verdagte wat tydens die beweerde rooftog gewond is, is in die hospitaal onder polisiebewaking.

Zwane sê die derde verdagte is steeds op vrye voet en het glo die gesteelde vuurwapen in sy besit.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof op Mooirivier op klagte van huisroof verskyn.

Bron: Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!