Boer van Greytown vermoor

In nog ‘n plaasvaanval is ʼn boer van KwaZulu-Natal Saterdag helder oordag op ʼn kleinhoewe buite Greytown deur terroriste doodgeskiet.

Joseph Fabian (76) is omstreeks 15:30 deur drie terroriste in sy huis oorval. Skynbaar het die terroriste by ‘n deur wat nie gesluit was nie, ingekom.
Fabian is een keer geskiet en is op die toneel dood.

Sy vrou wat ook in die huis was, is ongedeerd. Verskeie items is uit die huis gesteel. – Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!