Boer van Steynsburg doodgeskiet

’n Boer van die Steynsburg-distrik in die Oos-Kaap is Sondagaand op sy plaas doodgeskiet. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

Kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, het bevestig hy is op die toneel dood.

Volgens nog ’n betroubare bron is die boer se vrou ook geskiet en sy veg om haar lewe in die hospitaal.

Blykbaar is die boer oorrompel toe hy ’n kraan buite sy huis gaan toedraai het.

Roelofse sê die motief vir die aanval is nog onbekend en meer besonderhede sal later Maandag beskikbaar wees.

Niemand is glo nog in hegtenis geneem nie.

Bron: Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!