Boere in Suid-Afrika word vir die wolwe gevoer !!

Opinie stuk: Ons sien ‘n duidelike prentjie van ‘n verskroeide aarde beleid wat gevoer word deur die ANC regime.

Ons sien hoe misdaad aangemoedig word op plase. Ons sien hoe boere se boorde gestroop word of hulle lewende hawe gesteel of blatant geslag word. Dan is daar plaasmoorde wat buite beheer is, en die ANC is tjoepstil!! Hulle en hulle EFF makkers verlustig hulle aan die lot van ons blankes.

Ons sien dat swart kinders ingespan word om diefstal te pleeg met die hoop dat die boer sy perke van optrede oorskry.

Ons sien nou amper op ‘n daaglikse basis hoe boere gearresteer word vir poging tot moord en aanranding op skelms wat nou skielik die slagoffers is, en wanneer die manne gearresteer word is die opdrag van bo duidelik – geen borg mag toegestaan word nie.

As boere nie meer hulle eiendom en hul lewe mag beskerm nie, hoe nou? Waar is die Polisie waarvoor ons miljarde rande se belasting voor betaal?

Is een van die basiese reëls van die Grondwet nie dat ons as burgers beskerm moet word nie? Gaan almal steeds die vlag wapper terwyl ons een vir een uitgemoor word?

Die skepper van die huidig landsvalg het een ding vergeet – ‘n bloedhand – want dis wat die vlag illustreer.

Die ANC se plan is duidelik – intimideer die boere en ontmoedig hulle om te boer. Ons sien reeds dat daar 20 000 plase in die mark is. ‘n Goeie teken vir die ANC !! Hulle planne en bose taktiek werk soos ‘n bom.

Ons boere word vir die wolwe gegooi , en nou word hulle uitgebeeld as rassiste en monsters. Die boelie taktiek moet sy tol eis.

Miskien is dit tyd dat die Suid Afrikaanse boere produksie staak, totdat realiteit intree, en iemand begin optree!!

Die boere het die hef in die hand rondom voedsel sekuriteit en hulle moet die kaart nou gebruik !!

Geskiedenis sal ons leer of die wag en sien benadering gaan werk. Ons weet almal dat in Zimbabwe het boere alles verloor omdat hulle gedink het alles sal regkom.

TEN SPYTE VAN ALLES!!

Ons weet almal dat ons oorgelaat is aan die besluite van God, en dat geloof en hoop die enigste uitweg is!!

Ons moet bly bid en bid dat ons Skepper ons vry sal maak van die bose regering.

Deur: ‎Wessel Hermanus Basson‎/Vonkmedia


Enjoyed this post? Share it!