Boeremag Saak Onregverdig en Buite Proporsie. Pretorius-broers vra persoonlik verlof tot appèl na 14 jaar

Die twee Pretorius-broers wat deel van die sogenoemde Boeremag was het persoonlik verlof tot appèl gevra na nagenoeg 14 jaar in gevangenis. Die Boeremag saak, wat baie gesien het as wraak vir mandela se gevangeskap, en as ‘n klug deur die ANC se korrupte Intelligensie diens, om meer “Slush Funds” in te palm, het vandag, Maandag 26 September 2016 weer tot lewe gespring nadat twee van die Boere gevangenisse (wat NIE krygsgevangenes status geniet nie en saam met normale kriminele sit), die twee broers, Dr. Johan en Wilhelm Pretorius, persoonlik aansoek gedoen het om verlof tot appèl in die hooggeregshof van Pretoria voor hulle verhoorregter, regter Eben Jordaan. 

Die broers is nagenoeg 14 jaar in gevangenis, waarvan 11 jaar verhoorafwagtend was, voor hulle gevonnis is in Oktober 2013.Die aansoek om appèl word persoonlik behartig aangesien die regshulraad geen verteenwoordiging vir die Pretorius-broers aangestel het nie.

Die handelinge het reeds in 2000 begin en het as ‘n Misdaad Intelligensie operasie voortgeduur totdat die hofsaak op 19 Mei 2003 begin het. Die twee broers was sedert 2002 in aanhouding totdat hulle op 28 Oktober 2013 gevonnis is.  Hulle is ná 11 jaar as verhoorafwagtende aangehoudenes nog 35 jaar gevonnis vir hoogverraad, waarvan 10 jaar opgeskort is, 5 jaar vir strafbare manslag en 8 jaar vir sameswering van poging om ’n misdaad te pleeg.

Hulle het stukke ingedien van 40 bladsye waarin hulle aantoon dat regter Jordaan gefouteer het in hulle skuldigbevinding sowel as vonnis.  Dit sluit aspekte in wat gebaseer is op ’n onregverdige verhoor weens bepalings van die Grondwet sowel as etlike internasionale verdrae en wetgewing wat nie nagekom is nie.

unnamed (9)

Verlof tot appèl is veronderstel om 21 dae ná vonnis reeds ingedien te wees.  Hulle vra dus kondonasie omdat hulle dit amper 3 jaar ná vonnis eers indien.  Van die redes wat hulle aanvoer is dat hulle, weens probleme met Korrektiewe Dienste ondervind, vir ongeveer ’n jaar sonder rekenaars was en die vertraging is verder die gevolg van hulle aanhoudingsomstandighede, gebrek aan kommunikasie en die regshulpraad se traagheid.  Die omvang van die saak, waar die oorkonde alleen oor die 61 000 bladsye is en nog oor die 60 000 bladsye van bewysstukke, het dit vir hulle onmoontlik gemaak in hulle omstandighede, om vroeër verlof tot appèl te kon vra.  Hulle doen dit in persoon, aangesien die regshulpraad steeds nie hulle regsverteenwoordiger aangestel het om dit te behartig nie.

Die punte wat hulle aanvoer waar hulle van mening is dat die hof fouteer het in sy bevinding, sluit onder andere in: die feit dat die verhoor langer as 11 jaar geduur het en dat die juridiese proses steeds nie afgehandel is nie.   Die lengte van die verhoor en die omvang van die saak per se, maak dit onmoontlik om hulle reg op appèl te kan uitoefen.

Hulle voer aan dat dit ongrondwetlik is dat die staat wesenlik op mededaders se getuies berus het, veral gesien in die lig dat die Geneefse konvensies ten opsigte van gewapende konflik, van toepassing moes gewees het, omdat daar oorlog verklaar was.  Hulle voer daarom aan dat regter Jordaan fouteer het om te bevind dat hulle as gewone misdadigers verhoor moes word en nie as krygsgevangenes gereken word nie.  Daar was oorlogsverklarings en etlike bewysstukke wat deur die staat en die hof erken is, wat daarop gedui het.  In aansluiting hierby, voer hulle aan dat regter Jordaan se uitspraak tydens die Krygsgevangenesaansoek en sy vonnisoplegging lynreg van mekaar verskil.  In die Krygsgevangenesaansoek het hy hulle as ’n klein groepie bestempel sonder enige effek en tydens die vonnis as die gevaarlikste mense wat die staat totaal in gevaar gestel het.  Die staat sowel as die hof het die internasionale reëls van oorlogvoering verbreek deur nie met die aanvang van die verhoor uit te klaar of krygsgevangeskap ter sprake is, al dan nie, maar dat hulle dit self eers sewe jaar later in die verhoor moes aanvoer, nadat die saak amper gesluit was.Hulle voer aan dat hulle nie effektief verteenwoordig was nie, wat hulle reg op ’n regverdige verhoor geskend het.

Tydens die verhoor was daar etlike aansoeke waarin die beskuldigdes aangevoer het dat hulle regsdokumentasie aan hulle regsverteenwoordigers gekonfiskeer is en dat hulle konsultasies afgeluister word.  Hulle het sodanige getuienis in die hof aangebied, onder andere van ’n oud-veiligheidspolisiebeampte wat die eerste hanteerder was van die hoofstaatsgetuie JC Smith.  Die broers voer aan dat die hof fouteer het om te bevind dat hulle regte nie geskend was nie.  Verder voer hulle aan dat regter Jordaan subjektief was en persoonlik betrokke was tydens die vonnisoplegging, weens die feit dat die twee broers ’n rekuseringsaansoek teen hom gebring het.  Hoe ’n verhoor gevoer word, is nie veronderstel om ’n impak te hê op die vonnis nie.

Hulle voer aan dat bewysstukke deur die hof aanvaar is, sonder dat dit voldoen het aan die bewysregtelike reëls, onder andere die rekenaars en GPS bewysstukke, wat nie behoorlik verseël was nie en duidelik getoon het dat daar ná beslaglegging daarop gewerk was.  Dit was ongekontroleerd, te enige tyd tot beskikking van die staat en polisie.

freelets1

Ten opsigte van die vonnis voer hulle aan dat dit ’n skokkende vonnis was en dat die regter se opmerking dat hy hulle 11 jaar as aangehoudenes in aanmerking geneem het, bloot lippediens was.  Die hof het sonder enige bewyse hulle as onrehabiliteerbaar verklaar op grond van die staat se betoog, sonder dat daar ooit enige sodanige bewyse aangebied is.  Die hof het nie in aanmerking geneem dat beide studeer het tydens hulle aanhouding en dat Wilhelm Pretorius selfs etlike grade in hierdie tyd verwerf het nie.  Jordaan se vonnis was ook genadeloos en skokkend, waar hy in stryd met internasionale reg slegs gefokus het op vergelding en straf.  Hy het hulle ’n twee keer langer vonnis opgelê as die langste vonnis wat nog ooit in Suid-Afrika vir die genoemde dade opgelê is.  Hy het nooit in gedagte gehou dat hulle hulself as soldate beskou het nie en dat hulle op die staatgetuies se weergawe nie beoog het om mense te dood nie.  Die hof het hulle vonnis verswaar op grond van religieuse dogmas en voorspellings wat nie op feite gebaseer was nie, maar het dus onwetenskaplik en onjuridies opgetree.

Hulle voer aan dat die regter die ou korrektiewe wet in sy vonnis in ag moes neem, aangesien die ou korrektiewe wet stel dat hulle ná ’n derde in aanmerking kan kom vir parool, maar dat dit na die helfte toe verander het in die nuwe korrektiewe wet.  Dit het dus hulle reg op die ligste voorgeskrewe vonnis negeer.  Die regter moes hulle 5 jaar vir strafbare manslag en 8 jaar vir sameswering van poging om ’n misdryf te pleeg bevind het as reeds uitgedien.  Soos wat dit tans is, word die 11 jaar wat hulle aangehou was, ingereken, sodat hulle in effek 16 jaar uitdien vir strafbare manslag en 19 jaar vir sameswering van poging om ’n misdryf te pleeg en 46 jaar vir hoogverraad.  In effek beteken dit dat hulle 23 ½ jaar van ’n effektiewe 25 jaar vonnis volgens regter Jordaan, in aanhouding sal wees, voordat hulle die eerste keer kan aansoek doen vir parool.  Dit is onmenslik swaar en buite proporsie.

unnamed

Als oor die saak blyk Buite Proporsie te wees…

Hulle vra dus verlof tot appèl teen hulle skuldigbevinding en voeg by dat sou dit geweier word, dit ’n verbreking van Suid-Afrika se internasionale verpligting tot gevolg sou hê en ongrondwetlik sou wees, aangesien hulle reg op appèl dan geskend sal wees.


Sien ook: Selfverrykende Spioene, Seks en eerlike onskuldige slagoffers!


Paul Kruger


 

Enjoyed this post? Share it!