Bomdreigement by Gautrein-stasie in Sandton

Alles in Sandton is weer normaal nadat daar Donderdagmiddag vrese was oor ’n bomdreigement by die Gautrein-stasie.

Die dreigement was toe inderwaarheid by die ouditeursfirma Ernst & Young (EY) se kantoorgebou oorkant die stasie.

Teen 14:00 het die firma se ontvangswerkers weer die foon geantwoord. Alles was terug na normaal en almal was weer op hul pos.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan JacarandaFM gesê die polisie het vroeër die gebou ontruim en met honde deurgesoek om vas te stel of daar iets is wat kan ontplof.

Niemand is beseer nie, het Makhubele gesê.

Hy was nie beskikbaar om inligting oor die jongste verwikkelinge te verskaf nie.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!