Botterhoender-Kerriebrood

Maak aandete interessant met ’n tuisgemaakte kerriebrood.

Genoeg vir 2 tot 4 mense
Bereiding: 10 min.
Marineer: 1 uur
Gaarmaak: 30 min.

2,5 ml (½ t) fyn naeltjies
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
10 ml (2 t) garam masala
2 kardemompeule
200 ml (¾ k) natuurlike jogurt
2 x 400 g-blikke heel kersietamaties
2 cm vars gemmer, gerasper
6 knoffelhuisies
2 rooi brandrissies
10 ml (2 t) suiker
5 ml (1 e) witwynasyn
sout en peper
8 hoenderborsies, in blokkies gesny
30 ml (2 e) olie
2 uie, in skywe gesny
2 lourierblare
100 g botter, in blokkies gesny

  1. Meng die speserye, jogurt, tamaties, gemmer, knoffel, brandrissies, suiker, asyn, sout en peper in ’n verwerker tot heeltemal gemeng. Giet oor die hoender en marineer 1 uur.
  2. Verhit die olie in ’n pot en braai die uie tot sag. Voeg die hoender en al die marinade en lourierblare by; bring tot kookpunt.
  3. Verlaag die hitte en kook 30 min. tot die hoender deurgaar is en die sous verdik het.
  4. Voeg die botter by en roer deur. Geur na smaak. Sny brood middeldeur en hol die binnekant uit. Skep die kerriemengsel in.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers

Bron: Huisgenoot Junie 13, 2016


 

Enjoyed this post? Share it!