Brand verwoes weermagvoertuie

Brand verwoes weermagvoertuie

Burnt Out Car

Nalatigheid, slordigheid en lang droeë gras het meegebring dat 104 ou voertuie van die weermag uitgebrand het.

Die voertuie wat op ‘n ou weermagperseel gestaan het, is verwoes omdat die gras op die perseel te lank was.
Die weermag het beplan om die voertuie op ‘n veiling te verkoop. Die geraamde waarde was ongeveer R1,5 miljoen.

Die brand agter die Kgosi Mampuru II-tronk in Pretoria, waar die voertuie almal bymekaar geparkeer gestaan het, het omstreeks middernag ontstaan toe daar net ’n paar wagte in die omgewing aan diens was.
Volgens brig.genl. Xolani Mabanga, weermagwoordvoerder, het die wagte aan diens die aand die brand opgemerk en aan die onder-offisier aan diens gerapporteer.
Na verwagting sou die voertuie teen ’n gemiddelde prys van sowat R15,000 stuk, oftewel R1,5 miljoen vir al 104, verkoop kon word. Die weermag sal nou met moeite R1,000 per wrak vir skrootmetaal verdien.
Die voertuie was almal ou modelle wat nie meer kostedoeltreffend in stand gehou kon word nie. Die meeste was egter nog diensbaar.
Die Tshwane-metro en die weermag se brandweer het op die noodoproep gereageer, maar kon nie veel hond haaraf maak nie.
Volgens Mabanga ondersoek die Militêre Polisie ’n saak van brandstigting. Die saak is ook by die polisie aangemeld.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!