Brande by 2 skole in PE rig groot skade aan

PE skoolbrandTwee klaskamers is Maandagoggend by die Hoërskool Bethelsdorp in Port Elizabeth afgebrand. Die polisie het die brand bevestig, maar sê die oorsaak is nog onbekend. Foto: Werner Hills Twee klaskamers is Maandagoggend by die Hoërskool Bethelsdorp in Port Elizabeth afgebrand. Die polisie het die brand bevestig, maar sê die oorsaak is nog onbekend. Foto: Werner Hills Die Port Alfred High School is Maandag vir leerlinge gesluit nadat ’n brand Sondag groot skade aangerig het. Foto: Verskaf Die Port Alfred High School is Maandag vir leerlinge gesluit nadat ’n brand Sondag groot skade aangerig het. Foto: Verskaf Die Port Alfred High School nadat ’n brand groot dele van die skoolverwoes het. Foto: Verskaf Die Port Alfred High School nadat ’n brand groot dele van die skoolverwoes het. Foto: Verskaf
Twee klaskamers is Maandagoggend by die Hoërskool Bethelsdorp in Port Elizabeth afgebrand. Die polisie het die brand bevestig, maar sê die oorsaak is nog onbekend. Foto: Werner Hills Die Port Alfred High School is Maandag vir leerlinge gesluit nadat ’n brand Sondag groot skade aangerig het. Foto: Verskaf Die Port Alfred High School nadat ’n brand groot dele van die skoolverwoes het. Foto: Verskaf
1/3
Brandbestryders is Maandagoggend vroeg na ’n skool in Port Elizabeth ontbied nadat ’n brand daar ontstaan het.
 
Twee klaskamers van die Hoërskool Bethelsdorp, in die noordelike woonbuurte van Port Elizabeth, het teen 08:30 glo reeds afgebrand.
 
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê meer besonderhede oor die brand sal eers later bekend gemaak word.
 
Intussen is die Port Alfred High School, sowat 180 km van Port Elizabeth, Maandag gesluit ná ’n brand Sondag.
 
Die skool het op sy Facebook-blad aangekondig dat die skool nie Maandag vir leerlinge oop sal wees nie.
 
Die ontvangskantoor, asook nog ’n voorste gedeelte van die skool is in die brand verwoes.
 
Volgens lt. Luvuyo Mjekula, polisiewoordvoerder, vermoed die polisie die brand is deur inbrekers veroorsaak.
 
Ondersoekbeamptes van die brandweer hoop om Maandagoggend die oorsaak van die brand vas te stel.
Bron – Netwerk 24

Enjoyed this post? Share it!