Brandstof tekort kom weens staking

Suid-Afrika kan vanaf die komende naweek ’n tekort aan brandstof ondervind weens ’n beoogde staking van swart werkers.

Die werkers by brandstof maatskappye kanmoontlik van vandag begin staak en daarmee die aflewering van brandstof aan vulstasies sodanig vertraag dat motoriste ’n tekort kan ondervind.

’n Woordvoerder van ’n bekende vulstasie in Pretoria het motoriste aanbeveel om hulle voertuie se tenks vol te maak voor die naweek, want as die stakers eers begin toi-toi is daar weinig hoop dat vulstasies se bestellings uitgevoer gaan word.

Die staking wat oor ’n loongeskil handel, kan van Vrydag vir ’n onbepaalde tyd duur, en sal ’n nadelige invloed uitoefen op die land se reeds sukkelende ekonomie.

Die werkers by raffinaderye en brandstof depot’s eis ’n verhoging van 12% terwyl die werkgewers sê hulle kan niks meer as 7% bekostig nie.

Bron: Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!