Brian Molefe is skaars terug in sy pos en daar is sprake van kragonderbrekings !!

Brian Molefe is skaars terug in sy pos by Eskom, of hernude dreigemente van kragonderbrekings en beurtkrag word geuiter.

Ten spyte van vroeëre versekerings dat kragonderbrekings “nooit weer” sal plaasvind nie, het Eskom se voorsitter, Ben Ngubane, gewaarsku dat beurtkrag binnekort weer ‘n realiteit kan word.

Die rede wat aangevoer word is dat Eskom sukkel om steenkoolkontrakte goedgekeur te kry. Dit word weer veroorsaak omdat tesourie skynbaar traag is om die geld daarvoor te voorsien, omdat hule alle kontrakte met ‘n fynkam deurgaan om seker te maak dat daar geen Gupta bevoordeling sal plaasvind uit die kontrakte nie. Veral die kontrak met Tegeta word daardeur vertraag.

Intussen het Lynne Brown, die minister van openbare ondernemings, die Tegeta steenkooltransaksie met Eskom verwys na die Spesiale Ondersoek Eenheid.


Enjoyed this post? Share it!