Brood resep

Brood resep (op aanvraag van Annemarie Fourie)

brood
Dit is ’n basiese witbroodresep dié en sy geheim is om die deeg baie goed in ’n broodmenger of voedselverwerker te knie.
Lewer 1 groot brood
Bereiding: 15 minute
Staantyd: sowat 40 minute
Baktyd: sowat 1 uur
1 kg witbroodmeel
7 ml (1½ t) suiker
5 ml (1 t) sout
10 g (1 pakkie) kitsgis (of jou eie suurdeeg plantjie suurdeeg)
500-600 ml louwarm water
olie
growwe sout en vars kruie vir afronding
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer 1 groot broodpan (33 cm x 11 cm) of 1 groot oondvaste pot of swartpot goed met margarien.
Meng die meel, suiker, sout en gis in ’n groot bak en giet net genoeg louwarm water by om ’n kniebare deeg te vorm. Meng goed.
Verwyder uit die bak en knie minstens 10 minute op ’n gelyke, gladde oppervlak tot die deeg glad en elasties is en nie meer aan jou hande vassit nie. Hoe langer jy knie, hoe beter.
Smeer ’n glasbak liggies met olie en plaas die deeg daarin. Smeer die boonste deel van die deeg ook liggies met olie en bedek met kleefplastiek. Laat die deeg 10-15 minute op ’n warm plek rys.
Knie die deeg af.
Vorm in ’n brood en plaas in die voorbereide pan of pot met die ‘‘voukant’’ na onder. Bedek ligweg met ’n doek en laat sowat 20-30 minute rys tot dubbel die grootte.
Sprinkel die growwe sout en vars kruie oor en bak sowat 1 uur of tot gaar.
Smeer met margarien of olie indien verkies. Laat ’n paar minute in die pan staan en keer die brood dan op ’n afkoelrakkie uit. Bedek met ’n doek terwyl dit afkoel.
Sit louwarm of koud voor, in snye saam met botter, heuning en kaas

Enjoyed this post? Share it!