BTW word dalk verhoog ….

Soos reeds vroeër berig gaan al hoe meer stemme op dat BTW met 1 of 2% verhoog gaan word.

‘n Aankondiging in die verband word verwag tydens die komende begrotingsrede wat more plaasvind.

Volgens ekonomiese kenners kan ‘n 2 % verhoging in BTW meer as R30 biljoen vorder wat die huidige tekort van R28 biljoen kan uitwis.

Die ANC staar ‘n verkiesing in die gesig en ‘n verhoging van die BTW koers kan maak dat vakbonde en hul lede egter teen die ANC kan draai. ‘n Verhoging in Kapitaal Wins Belasting van 40% na 50% is ook op die tafel asook die verhoging van boedelbelasting.

Daar is egter kommer dat sodra die ANC die Wet van Transvaal ingestel het, dit hulle weer gemoedsrus gaan gee dat daar genoeg geld is en dat die soustrein weer van voor af gestook kan word.


Enjoyed this post? Share it!