Burgermeester stuur onsedelike foto’s van jong meisies op WhatsApp

Die ANC in Sedibeng het ‘n beroep op die party gedoen om die burgemeester van Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, Simon Mofokeng, te herroep, nadat hy ‘n halfnaak foto van ‘n minderjarige meisie op die party se WhatsApp-groep gestuur het.

Volgens berigte is die kind sowat 15 jaar oud en het die burgemeester die foto op WhatsApp gedeel sonder enige verduideliking.

Plaaslike ANC-strukture sowel as die SAKP het beplan om vandag ‘n optog te hou om hulle misnoeë teenoor Mofokeng uit te spreek, maar die optog kon nie plaasvind nie omdat die burgemeester ‘n hof interdik bekom het. Die foto is na bewering vroeër die maand op die groep gedeel. ‘n ANC-lid in die Vaaldriehoek, Bob Mthembu, sê die ANC moet Mofokeng vra om te bedank of hom uit sy pos verwyder. Die ondervoorsitter van die SAKP se jeugvleuel, Shimane Machedi, sê op sy beurt dat as leiers, ouers en gemeenskapslede kan hulle nie toelaat dat die burgemeester pornografiese materiaal op sosiale media versprei nie.

Die burgemeester se woordvoerder, Lebo Mofokeng, het bevestig dat die munisipaliteit bewus is van die aantygings.


Enjoyed this post? Share it!