Vorige hoof finansiële beampte van Eskom, Anoj Singh, dissiplinêr aangekla

Die SA Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) het aangekondig dat hul dissiplinêre stappe begin teen Anoj Singh (foto), die vorige hoof finansiële beampte van Eskom.

Dit volg op ‘n reeks ondersoeke deur die liggaam oor Singh se optrede.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Hou maar die kerse byderhand – Nog tien dae beurtkrag kan op ons wag

Eskom het die naweek begin met beurtkrag en talle mense is onverhoeds gevang toe die krag sonder behoorlike waarskuwing afgeskakel is.

Dit volg op die dispuut wat Eskom en werkers met mekaar gehad het omdat Eskom ‘n nul persent salarisverhoging aanvaar het, waarmee werkers uiteraard nie tevrede was nie. Weliswaar was die werkers se eis ver bo die inflasiekoers, maar waarnemers sê Eskom behoort ten minste ‘n inflasiegekoppelde verhoging te gee.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Eskom het planne in plek om “ligte” aan te hou tydens onbeplande staking

Eskom het aangekondig dat hul planne in plek het om grootskaalse kragonderbrekings te voorkom sou die onbeplande staking plaasvind.

Eskom se skuldlas van R350 miljard het gemaak dat hulle geen verhogings aan werknemers kan gee nie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Eskom star onbeskermde staking in gesig na eise vir salarisverhogings

Die kragvoorsiener Eskom stuur op ‘n botsing af met unies oor salaris onderhandelinge.

Eskom staan by sy standpunt dat geen salarisverhogings tans gegee gaan word nie maar die unies dreig dat hul die topbestuur van Eskom “fisies” sal verwyder en op ‘n onbeskermde staking sal gaan.

Die laaste inligting was dat onderhandelinge op ‘n dooie punt uitgeloop het.

Deur: Die Vryburger
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Eskom kon 20 nuwe kragstasies pleks van net twee gebou het – Medupi en Kusile gaan R300 miljard elke kos

Medupi en Kusile, Eskom se twee nuwe kragstasies, gaan waarskynlik nie teen 2026 klaar wees nie en boonop gaan hulle sowat R300 miljard elk kos.

Dis die mening van Ted Blom, vennoot by Mining & Energy Advisers.

“Dit blyk ’n geval te wees van: ‘Hoekom bou ons net een as ons twee teen vier keer méér kan bou waarvoor ons die publiek se geld gebruik?’ ” sê Blom.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Steenkooltekort maar geen beurtkrag – Pravin Gordhan

Volgens minister Pravin Gordhan sal daar geen beurtkrag wees die winter nie.

Hy maak die stelling terwyl Eskom beweer dat kragstasies ‘n steenkooltekort ervaar.

Waarnemers meen daar sal maar eers gesien word of Eskom so vinnig omgekeer kan word met of sonder kontant hulp van Tesourie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Gordhan steek sy nek uit deur te verklaar dat geen beurtkrag gaan toegepas word die winter

Volgens minister Pravin Gordhan sal daar geen beurtkrag wees die winter nie.

Hy maak die stelling terwyl Eskom beweer dat kragstasies ‘n steenkooltekort ervaar.

Waarnemers meen daar sal maar eers gesien word of Eskom so vinnig omgekeer kan word met of sonder kontant hulp van Tesourie.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Haal solank jou kerse uit – Ses van vyftien kragstasies in SA beleef tans ‘n steenkool tekort

Eskom het drie steenkool bestuurders van Kendal, Matla en Hendrina kragstasies geskors terwyl ‘n aankoop beampte gewaarsku is.

Ses van die vyftien kragstasies beleef tans ‘n steenkool tekort en die skorsing hou daarmee verband.  Steenkool word nou geskuif tussen kragstasies om te voorkom dat stasies tot stilstand kom en beurtkrag dalk weer ingestel moet word weens ‘n tekort aan elektrisiteit.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Skaar julself vir moontlike kragonderbrekings die winter

Die aantal kragstasies wat ‘n tekort aan steenkool beleef, het van sewe tot ses verminder maar daar heers steeds kommer dat hierdie tekort Eskom se produksie nadelig kan raak.

Met die komende wintermaande en verhoogde aanvraag van elektrisiteit, is die kragvoorsiener ernstig op soek na nuwe voorsieners van steenkool.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Wouter Wessels, VF Plus se woordvoerder oor finansies, gemik op Britte se geld vir die land

President Cyril Ramaphosa behoort Brittanje se skenking van R858 miljoen aan Suid-Afrika aan te wend om kwessies wat die Suid-Afrikaanse ekonomie kniehalter, te behandel, sê mnr. Wouter Wessels, VF Plus se woordvoerder oor finansies.

Suid-Afrika sal slegs vir die buiteland aanloklik wees wanneer die regering ‘n klimaat skep wat beleggingsekerheid en ekonomiese groei stimuleer.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus eis vervolging van Eskom direkteure

Die VF Plus berei tans ‘n aansoek voor aan die Maatskappykommissie om bevindings te maak hoe Eskom en sy direkteure die Maatskappywet verbreek het tydens die talle gevalle van wanbestuur oor die laaste jare wat nou aan die lig gekom het, sê die party se voorsitter, adv. Anton Alberts.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus eis dat die direkteure van ESKOM vervolg moet word

Die VF Plus berei tans ‘n aansoek voor aan die Maatskappykommissie om bevindings te maak hoe Eskom en sy direkteure die Maatskappywet verbreek het tydens die talle gevalle van wanbestuur oor die laaste jare wat nou aan die lig gekom het, sê die party se voorsitter, adv. Anton Alberts.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!