Geskorste amptenare kry R2,3 miljoen

Dit word bereken dat dr. Barney Selebano meer as R1,6 miljoen betaal is tydens sy skorsing terwyl dr. Makgabo Manamela R700 000 ontvang het tydens sy tydperk van “werkloosheid”. Die twee het binne ‘n week albei bedank uit hul poste by die Gautengse Departement van Gesondheid en ten spyte van hul onvermoë om hul werk […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Gesondheidsbase is in ‘n blik gedruk oor die Life Esidimeni Arbitrasie en nou verlaat hulle een-vir-een die sinkende skip

Die bedanking van Makgabo Manamela, geskorste direkteur van die Gautengse departement van gesondheid, skaars vier en twintig uur na die bedanking van die departementshoof, Barney Selebano, is ʼn bewys dat daar nou van die sinkende skip afgespring word om verdere vervolging te probeer vermy, sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in die Gautengse wetgewer. “Die […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Sovereign Foods baklei teen sluiting na tekens van listeria opgespoor is by slagplaas

‘n Bekende hoenderverwerkingsaanleg en die departement van gesondheid in Gauteng is in ’n hane-geveg betrokke oor die oënskynlik swak gehalte van die pluimveeprodukte wat deur Sovereign Foods se slagplaas in Hartbeespoort aan verbruikers gebied word. Toetse is in Desember op dié slagplaas gedoen nadat kommer landwyd uitgespreek is oor die uitbreek van ’n listeria-infeksie veral […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Gauteng kry nuwe ambulanse alhoewel staatshospitale in ellendige toestande verkeer

Die LUK vir Gesondheid, Gwen Ramokgopa, het aangekondig dat 862 ambulanse toegevoeg is by die vloot van ambulanse, wat die totaal in die provinsie op 1 268 te staan bring. Dit is ‘n vergroting van bykans 67% van die vloot wat beteken dat die provinsie met slegs ongeveer 400 ambulanse gewerk het tot nou. Daar […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Die Staat se Nasionale Gesondheidsplan is dalk onhaalbaar

Dertien van Oos-Transvaal se distrikshospitale is in ‘n ernstige krisis weens ‘n tekort aan sleutel mediese en administratiewe personeel. Van die hospitale in die Ehlanzeni area het vakante poste van tot 75%. Dit bevestig die landswye chaos in mediese sorg waar ‘n tekort aan toerusting en personeel dienslewering kniehalter. Intussen probeer die Gautengse LUR vir […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

KwaZulu-Natal se hoof van Departement van Gesondheid bedank

Dr. Sifiso Mtshali, die hoof van Natal Gesondheid, het bedank nadat hy geskors is deur die Natalse premier, Willies Mchynu. Bewerings word gemaak dat die onkologie apparaat in Addington hospitaal “herstel” is maar dat daar ongerymdhede en onwettige herstel plaasgevind het. Deur: Die Vryburger
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Wits Universiteit word geteister met rassisme, duipelinge hoogs ontsteld

Mediese studente by Wits Universiteit huil oor diskriminasie as dit kom by die uitslag van eksamens van kursusse. ‘n Groep swart studente het gekla dat 27 van hul genote nie geslaag het nie maar dat een blanke student voorkeurbehandeling ontvang het by finale keuring. Volgens visekanselier Adam Habib het die blanke student die tweede hoogste […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Stakende wagte brand bande by ingange na die Steve Biko-hospitaal in Pretoria

Veiligheidswagte het Maandagoggend die ingange na die Steve Biko-hospitaal in Pretoria met brandende motorbande en klippe versper. Voorheen is berig dat lughawens, skole, hospitale en private sakeondernemings maar net ’n paar van die instellings is wat Maandag deur ’n beplande staking deur veiligheidswagte landwyd geraak kan word. Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die polisie […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kliniek in Sasolburg na Kubaanse terroris vernoem

Dit is onaanvaarbaar dat ‘n plek waar mense gesond gemaak moet word, vernoem word na ‘n persoon wat vir sy gewelddadigheid onthou word, sê Wouter Wessels, VF Plus-LPW vir die Vrystaat. Mnr. Wessels het gereageer op die aankondiging dat ‘n kliniek in Sasolburg na die Kubaanse oorlogstiran, Ché Guevara vernoem word. Volgens Wessels was Guevara […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

42 Lyke op Johannesburgse snelweg eers ná 7 ure na staatslykshuis vervoer

Die oorskot van 42 mense op ’n sleepwa wat Woensdag op die besige M1-snelweg in Johannesburg onklaar geraak het, is sowat sewe uur later eers na die staatslykhuis gebring. Lesemang Matuka, waarnemende woordvoerder van die departement van gesondheid, het omstreeks 17:00 bevestig dat die pad gedeeltelik vir verkeer oopgestel is. “Ons moes alternatiewe vervoer reël […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!